| |
Die Hermanus Times Kalfiesfees is vanjaar tien jaar oud en gaan die mylpaal behoorlik vier.
Die Hermanus Times Kalfiefees vier vanjaar sy tiende verjaarsdag en die bestuur werk hard om dit 'n spesiale fees te maak.
Die Kalfie, deesdae die Overstrand en die Overberg-streek se grootste toneelfees en 'n vaste item op die land se toneelkalender, word oudergewoonte in die Vrouedagnaweek aangebied, van 6 tot 9 Augustus 2010. Onderhandelings met kunstenaars het reeds ver gevorder en ons het ook 'n afvaardiging by die KKNK gehad om die beste wat vanjaar op die planke is, te identifiseer.
Oor die jare was die Kalfiefees natuurlik self ook die bron van nuwe toneelstukke wat daarna by ander kunstefeeste opgevoer is. Dit sluit suksesstukke in soos Jan en Jorie, geskryf deur Malan Steyn en opgevoer onder die spelleiding van Juanita Swanepoel, wat 'n seisoen van sowat drie jaar gehad het, Ella se Perde, geskryf deur Charles Fourie en steeds op die verhoog, en Audrey, deur die be-kroonde dramaturg Saartjie Botha.
Die Kalfiefees word gereël en bedryf deur vrywilligers wat almal hul kundigheid en tyd kosteloos aanbied ter onder-steuning van Afrikaanse teater en mu-siek. As jy wil saamwerk en 'n bydrae maak, kom sluit aan by die komitee. Bel Anna Spaarwater by 028 316 3270 of 082-893 6208 of stuur 'n e-pos na kalfiefees@hermanus.co.za .
Ons wil jou ook nooi om lid te word van die Vriende van die Kalfiefees. Lidmaatskap is slegs R50 per jaar en dit verseker vooraf-inligting oor die opvoerings, voorkeurgeleentheid vir bespre-kings en ook afslagpryse. Stuur 'n e-pos vir die besonderhede.
Terwyl die bestuurslede hul tyd en kundigheid skenk, is daar nog 'n belang-rike bestanddeel wat nodig is om die resep te laat werk – geld. Daarom wil ons, namens die mense van die Overstrand vir wie hierdie fees aangebied word en ook namens elkeen wat van oor die hele land kom om eersteklas-toneel te sien, vir ons borge sê: Baie dankie, ons waardeer wat julle doen!
Die Overstrand-munisipaliteit is ons grootste borg en by die burgemeester, Theo Beyleveldt, kry ons altyd 'n oop deur en 'n oop gesprek. Dankie aan hom en sy raad. By die Hermanus Times, wat nie net 'n naamborg is nie, maar ook ons kommunikasie-medium met die Overstrand, word ons altyd met kollegialiteit en warmte ontvang.
Ander borge sien ook die waarde van die Kalfiefees vir die groter Hermanus, sy ekonomie en sy mense – Pick n Pay is elke jaar deel, so ook PSG Konsult, die Warwick-sjefskool dra sy unieke smake by, en sake-bure soos die Onrus-apteek is elke jaar daar met 'n handdruk en 'n tjek.
En op dié manier kom die mense van die Overstrand bymekaar, maak 'n plan of tien en skep iets uit niks. Kunstenaars word van oor die hele land hierheen gebring, sale word opgebou en ingerig, vervoer, verblyf en etes word gereël – verlede jaar is meer as dertig produksies in vier dae opgevoer. Vir besprekings bel die Kalfiefeeskantoor by : 028 316 1687 of stuur 'n e-pos aan kalfiefees@hermanus.co.za kalfiefees@hermanus.co.za
Kaartjieverkope open 1 Julie 2010 vir die publiek en 24 Junie vir die Vriende van die Kalfiefees .
Besoek die Kalfiefeeskantoor in Roosstraat, Onrusrivier by die De Wetsaal |
|
| |

Die energieke en dinamiese musiekduo Eclips - OPENINGSAAND
|
- Nominasies word ingewag vir die Vrou van die Jaar-toekenning wat op Vrouedag, 9 Augustus as deel van die Hermanus?Times Kalfiefees en die burgemeestersvrou Marianné Beyleveldt se vroue-ontbyt uitgedeel sal word.
Stuur nominasies met kontakbesonderhede van die inskrywer, sowel as die kandidaat, plus 'n kort motive-ring aan Elize Verrij by everrij@overstrand.gov.za everrij@overstrand.gov.za .
- Skole en leerders wat graag hul bands wil inskryf vir die groot MetaalKabaal op Vrydag, 6 Augustus moet gerus van hulle laat hoor. Leerders tussen 12 – 18 jaar wat in bands speel, sal vir 'n Afrikaanse liedjie beoordeel word, hoewel hulle vir 30 tot 40 minute musiek kan maak. Meer inligting sal later be-kendgemaak word.
- A retrospective exhibition of works by Marjorie Wallace is envisaged for the Hermanus Times Kalfiefees from 5 – 9 August. Corrie Botha requests residents who own works by this renowned artist and are willing to lend these to the exhibition, to contact her on 082-477 9192.
|
 Deelnemers aan die jaarlikse optog.. |
|